Boer soek ‘n vrou en ander waaghalsige toertjies

Loop so wraggies vanmiddag in Wilmien van laasjaar se Boer soek ‘n vrou vas. Mooierige meisie. Toe dink dis darem ‘n helse storie om jouself so oop te stel. Wonder of en Kleintjie nog ‘n item is…

Anyhoo, dit bring my by my waagtoertjie vir die maand. Jong, sedert my finansies mos deur ‘n Griekse tragedie gegaan het so paar jaar terug, het baie dinge in die hek geduik. Onder andere my eie korttermyn versekering. Ek het maar die vital dinge op my pa se polis laat sit, soos die kar. Maar nou is ek mos oppad terug en het dit tyd geword om die ou sakie aan te pak.

Nou, ek het eintlik reeds voor die tyd besluit ek wil maar daai groen ouens met die invisible man ‘n go gee. Hulle bemark erg; ek hoor darem nie te veel horror stories oor hulle nie en hulle is direk betrokke by gemeenskapsprojekte. Vroulief gaan los toe my nommer op hulle website en hulle bel my. Na omtrent 15 minute op die telefoon…”meneer jou premie is R1049, maar met die spesiale afslag is dit slegs R897″. Nadat ek terug op my stoel geklim het reken ek toe maar eers dis my verdiende loon oor ek vir ‘n tyd nie versekering gehad het nie.

Daai aand gesels ek en vroutjie en besluit om ‘n paar ander opsies te probeer. Ons besluit toe op die ou end op Santam…R593. Fok. Ek was nie net ‘n bietjie afgepis met Outsurance nie.

Gister bel ek hulle toe om die polis te cancel voor hulle die debietorder laat deurgaan en beland in die business retention afdeling. Dis nou die ouens wat damage control doen en sake probeer regstel. Ek verduidelik toe aan die tannie in my beste Sondagengels dat hulle eenvoudig te duur is en dat ek verstaan dat hulle my waarskynlik as ‘n groter risiko beskou en daarom meer vra. Dis besigheid en hulle reg. Miskien oor ‘n jaar of twee gesels ons weer. Na 20 questions wil sy weet of ek hulle polis sal heroorweeg as hulle Santam se prys match…en dis hier waar ons mekaar toe begin verkeerd verstaan.

Ek het haar toe sommer reguit gesê dat as hulle my nou skielik (sonder om enige iets wesenliks aan die polis te verander) R300 afslag kan gee ek dit NOOIT weer sal oorweeg om met hulle besigheid te doen nie. Dis die verkeerdste ding moontlik om my te bied. Oor ek jare lank in verkope was beskou ek dit as heeltemal oneties. HEELTEMAL. Jy het jou kans gehad. As hulle my R750 kwoteer het, het ek nie eers ander kwotasies aangevra nie.

Hulle het hulle kans verspeel.

Die freakin vermetelheid!

Sit ek my voet daarin?

Vraag: Hoekom is sperm wit?

Antwoord: As dit swart was sou dit nie kon swem nie.

Een van my Facebook vriende het dit nou die dag opgesit as ‘n status update. En so 30 minute later weer afgehaal. Die storm wat losgebars het was een te veel vir hom.

Ek hoef seker nie te sê dat hy gebombardeer was met aantuigings van rassisme nie. Van heinde en verre het die comments ingestroom…die meeste was ‘n eenvoudige “dislike” comment. Ander het so ver gegaan om hom te blameer vir die wêreld se probleme…dis nou van die renoster poaching tot probleme met die Griekse ekonomie! Dan was daar hier en daar comments soos “ja, fok die kaffirs”…effens oordrewe, maar ek quote!

Anyhoo, dit het my toe laat wonder; ekself vind hierdie poging tot humor so effens snaaks. Ek meen, noem gou vir my 5 swart olimpiese swem champs…het so gedink, want daar is nie vyf nie. Nou die redes hiervoor is legio, maar ‘n feit is ‘n feit. En dan is daar die growwe rasse slur dat swartmense op average nie kan swem nie; en dis sekerlik waarop hierdie grappie gebou is. Maar selfs daaroor wonder ek.

Is dit nie maar baie dieselfde as Dom Blondine grappies nie? Ons almal weet tog dat blindines nie regtig SO dom is nie. En ook, die lewensredders by ons swemstrand laas Desember was almal swart…

Ons trek…alweer!

Gelukkig is die trek nie ver nie. Ek dink soos die kraai vlieg, seker nie eers ‘n volle kilometer nie!

 

My vroutjie is verskriklik opgewonde oor die nuwe plekkie. Dit het baie meer spasie, ‘n nice uitleg, is redelik modern en op die grond. Ons gaan self goeters soos gordynrelings opsit, so die naweek moet baie besluite geneem word. Die kinders is ook baie opgewonde.

 

Dis nie asof ons sleg gebly het in die woonstel nie. Inteendeel, ons het baie lekker gebly. Dis baie veilig. Dit was redelik ruim en nogal mooi afgewerk. Ons het helse groot vensters daar; om die waarheid te sê was ons hele buitemuur vensters. Die woonstel kyk uit oor die Hottentots-Holland berge wat ‘n lieflike uitsig is. En agv van die hoek waarteen die woonstelblok gebou is, kry ons geen direkte sonlig in die somer nie, maar heeldag direkte sonlig in die winter, heerlik! En dan is daar amper geen onderhoud nie. Ons krag en water is selde meer as R350 per maand. Die slegste was sekerlik die feit dat braai ‘n moerse mission was en dat ons in ons 18 maande daar ons braaie op my twee hande kan tel. Pfft!

 

Maar nou, nou is dit verby! Braai is terug op die menu. Met mening. En dis ‘n lekker huis. Nie oordadig in enige sin nie, net lekker!

 

Dit kos effens meer, maar dit was te wagte…ons huidige blyplek is ‘n absolute bargain.

 

Dit gaan baie lekker wees. Ons hele gesin sien verskriklik uit! Hierdie keer trek ons met ‘n smile…

‘n Resep…ek beweer mos ek kan kos maak

In ons huis maak ek kos. Ek is mal daaroor. En die beste van als? Ek maak self skoon waar ek gemors het…en kan ek mors!

Ek dink dis seker tyd dat ek ‘n resep deel. Hierdie resep is (soos die meeste resepte seker) nie my eie om mee te begin nie, maar ek het darem oor die jare hom so bietjie gecustomise!

Eers bietjie agtergrond: Ek is mal oor groente, regtig. Maar as ek potjies eet vind ek dat die groente verkeerd gebruik word en dan is 1) die smaak negatief beinvloed en 2) dis ‘n pap gemors ipv heel. Mens moet groente wat uit ‘n potjie kom nog met ‘n vurk kan steek en optel. Dis in elk geval hoe ek daarvan hou…die vleis kan van die been val, maar die groente moet nog solid wees.

En een mooi dag sit en kyk ek TV en Alan Coxon maak ‘n potjie (!) en dis asof die hemele oopgaan en engele sing!

Chuck en sampioen potjie (6-8 mense):

2kg ontbeende chuck ‘gecube’ (as jou pot groot genoeg is hou die bene en gooi dit los by)

350g gedroogde wilde sampioene (varses is ook reg, maar dan het jy omtrent 1kg nodig). Laat lê hulle in lou water wat hulle net bedek vir so uur voor gebruik.

250g spek

2 groot uie fyn gekap

10 medium tamaties geskil in kwarte

3 tot 4 eetlepels fyngemaakte knoffel

10 salie blare

3 brandrissies

Halwe teelepel neutmuskaat

400ml Sherrie

500ml rooiwyn

1 suurlemoen

Sout, Swartpeper, Olie (gebruik ‘n olie met hoë rookpunt asb, Meelblom, Pietersielie)

1. Kry potjie lekker warm oor kole (of die stoof werk net so goed!) en gooi olie by

2. Gooi sout en peper oor vleis en pak in pot. Voeg spek by en braai tot goed geseël.

3. Laat die potjie effens afkoel. Gooi uie by en braai vir ‘n paar minute. Gooi dan knoffel by.

4. As die chuck baie vet is, gooi nou so bietjie meelblom by en meng goed (die meelblom absorbeer die vet).

5. Meer kole en kry potjie weer lekker warm – die klomp vloeistowwe gaan die potjie baie afkoel…

6. Gooi rissies, salie, neutmuskaat en sampioene by en braai vir ‘n paar minute.

7. Gooi nou al die vloeistowwe in (ook die water waarin die sampioene gelê het)

8. Nou moet die spulletjie prut. Sodra dit begin prut gooi die tamaties by. Verkieslik moet die potjie nie veel langer as 3 ure prut nie anders behou die blokkies vleis nie hulle vorm nie.

9. As die vleis reg is gooi die sap van die suurlemoen en die pietersielie by net voor die potjie bedien word.

Ek verkies die potjie met mieliepap, maar my vrou verkies dit met mash. Ons het dit al met rys ook geëet. Mens kan nou heerlike oondgebakte groente saam voorsit.